Kategorieë van inligting wat ingesamel word
Die tipe inligting wat ons insamel, hang af van hoe u die Dienste gebruik. Ons samel normaalweg die volgende inligting in:
Identifiseerders / Kontakinligting: Name, gebuikersnaam, speleretiket, pos- en e-posadres, telefoonnommer, unieke ID’s, mobiele toestel-ID, platform-ID, speldiens-ID, advertensie-ID (IDFA, Android ID), en IP-adres
Beskermde eienskappe: Ouderdom en geslag
Kommersiële inligting: Aankoop- en gebruiksgeskieidenis en -voorkeure, insluitend spelgeskiedenis
Faktureringsinligting: Betaalinligting (krediet- / debietkaartinligting) en versendingsadres
Internet / Elektroniese aktiwiteit: Web- / toepblaai- en spelinligting wat met die Dienste verband hou; inligting omtrent u aanlyn interaksie(s) met die Dienste of ons advertensies; en details omtrent die speletjies en platforms wat u gebruik en ander inligting rakende die geïnstalleerde toepassings
Toestel- en gebruiksdata: Toesteltipe, details van sagteware en hardeware, taalstellings, blaaiertipe en -weergawe, bedryfstelsel en inligting omtrent hoe gebruikers die Dienste gebruik en daarmee omgaan (bv. die inhoud waarna gekyk is, bladsye besoek, klieks, rondblaai)
Profiel-afleidings: Afleidings wat van u inligting en webaktiwiteite gemaak word om ’n pasgemaakte profiel te help skep sodat ons kan bepaal watter goedere en dienste van belang mag wees
Oudio- / visuele inligting: Rekeningfoto’s, -beelde en -avatars, oudio-inligting vir kletsfasiliteite en -funksionaliteit, en spelopnames en beeldmateriaal (soos wanneer u aan speltoetsings deelneem)
Sensitiewe inligting: Presiese liggingsinligting (indien u die Dienste toelaat om u ligging in te samel), rekeningbesonderhede (gebruikersnaam en wagwoord), inhoud van kommunikasie via kletsfunksies en -funksionaliteit, regeringsidentifikasie (soos redelikerwys nodig of deur die wet vereis, bv. om wenners se geskiktheid vir promosiepryse te verifieer), en persoonlike inligting van kinders onder 13 (of ouer, indien toepaslike wetgewing voorsiening maak vir verskillende beskermings). Ons gebruik nie sensitiewe inligting buite die doel waarvoor dit ingesamel is nie.
Hoe en waarom ons inligting gebruik en ons regsgronde
Take-Two gebruik die inligting soos volg, op grond van verskeie regsgronde:
Besigheidsdoeleindes: Verskaffing van die Dienste en ondersteuning; volvoering van bestellings en versoeke; verbetering van die Dienste en ons besigheid; ontwikkeling van nuwe produkte en dienste; verbetering van u belewenis van die Dienste; beskerming van die veiligheid van ons gebruikers, werknemers, fasiliteite en Dienste; en die ontwikkeling van interne bemarkings- en demografiese studies
Kommersiële doeleindes: Bemarking en advertering van ons en ons sakevennote se produkte en dienste; stuur u bemarkingsmateriaal; en administreer promosie-aktiwiteite of geleenthede
Ons gebruik u inligting ook soos deur wetgewing toegelaat of vereis.
Bronne van die inligting wat ons insamel
Hoe ons inligting verkry, hang af van hoe u die Dienste gebruik. Byvoorbeeld, ons samel inligting in:
wat u direk aan ons verskaf, soos wanneer u ’n rekening opstel, inteken vir bemarking of ons kontak
omtrent die speletjies wat u speel (outomaties)
vanaf derdeparty-platforms, soos wanneer u via derdeparty-rekeninge ons speletjies speel of toegang tot ons Dienste kry
outomaties, insluitend deur blaaiervolgers en soortgelyke opsporingstegnologieë
vanaf derde partye, soos advertensienetwerke, sakevennote, derdeparty-inligtingverskaffers en ander rolspelers
Wanneer Ons Inligting Deel
Soos hieronder uiteengesit, deel ons u inligting met:
verskaffers wat rugsteun en ander dienste aan ons verleen
Take-Two groep van maatskappye
advertensie diensverskaffers aan derdeparty advertensie-vennote
ander derde partye (bv. by samewerkende aanbiedinge, vir regs- en veiligheidsdoeleindes, in verband met die verkoop of oordrag van ’n besigheid of bate, en ander doeleindes met u toestemming)
ander gebruikers, soos wanneer u in oop groepe of geleenthede deelneem of wanneer inligting op ranglyste gepubliseer word
Gedurende die afgelope 12 maande het Take-Two unieke identifiseerders, IP-adresse sowel as internet/elektroniese aktiwiteits- en profiel-afleidings aan derdeparty-advertensieverskaffers verkoop of met hulle gedeel om ons in staat te stel om pasgemaakte reklame aan u en andere soos u te kan verskaf. Ons mag persoonlike inligting verkoop of deel oor gebruikers wat ons weet jonger as 18 is (of ouer, in sekere plekke) met hul (of afhangende van ouderdom, hul ouers se) instellings of toestemming.
Inligting oor derdeparty adverteringsvennote kan gevind word in die koekievoorkeurnutsgoed, waar beskikbaar, of binne die speletjie se privaatheid en advertering instellings, waar van toepassing vir die Diens.
Openbare plasings
As u persoonlike inligting deel, beeldmateriaal of video's plaas, of ander inhoud op openbare forums soos op ‘n boodskapbord, kletskamer, kommentaarveld of profielbladsy verskaf, kan ander persone daardie inligting sien, insamel en gebruik. As u gebruikersnaam of -ID u naam insluit, sal u naam openbaar op ranglyste en elders beskikbaar wees soos in hierdie Privaatheidsbeleid beskryf. Gebruikers van sodanige openbare forums sal u kan identifiseer, die inligting kan gebruik om boodskappe aan u te stuur, of die beeldmateriaal, video's of inhoud wat u gedeel het, kan kopieer. Daar is geen verwagting van privaatheid of vertroulikheid op enige van hierdie openbare forums nie. Moet asseblief nie u persoonlike inligting in openbare forums deel of in u gebruikersnaam of -ID insluit nie. U is verantwoordelik vir enige inligting of inhoud wat u openbaar plaas deur ons Dienste te gebruik.
Dataregte
U mag sekere regte hê met betrekking tot die insameling, gebruik en openbaarmaking van u persoonlike inligting, insluitend die regte om:
Om toegang tot of ’n kopie van u persoonlike inligting te bekom
Om uitwissing van u persoonlike inligting te versoek
Om regstelling of wysiging van u persoonlike inligting te versoek
Om ingelig te word oor die persoonlike inligting omtrent u wat ons insamel en/of verwerk, die bronne van persoonlike inligting en die derde partye met wie die inligting gedeel is, of aan wie dit verkoop is en vir watter doeleindes
Om toestemming terug te trek waar die verwerking op toestemming gebaseer is
Om van die verkoop of deel van u persoonlike inligting (insluitend geteikende reklame) te onttrek
Intekening op/onttrekking uit finansiële aansporing
Beperking van die gebruik en openbaarmaking van u sensitiewe persoonlike inligting
Ons bied nie die vermoë om die gebruik of openbaarmaking van u sensitiewe persoonlike inligting te beperk nie, aangesien ons nie sulke inligting gebruik of openbaarmaak nie, behalwe soos beskryf in hierdie Privaatheidsbeleid of soos toegelaat of vereis deur toepaslike wetgewing.
Bestuur u rekening en kommunikasie
Ons bied aan u verskeie opsies om u Dienste-rekening te bestuur, kommunikasie van ons af te ontvang en hoe ons u inligting gebruik. Dit sluit in deur middel van die stellings in u Dienste-rekening; onttrekking van epos en uitwissingsnutsgoed, en onttrekking van belangstellings-gebaseerde advertensies.
Verdere inligting oor die bestuur van u etiket-spesifieke rekening en kommunikasie is beskikbaar hier.
Databerging
Ons sal u inligting hou vir so lank as wat dit nodig is om die Dienste aan u te verskaf, ons wetlike verpligtinge na te kom en/of om ons regte uit te oefen, te verdedig of te vestig.
Privaatheid van kinders
In die algemeen gesproke, rig ons ons Dienste op ’n algemene teikengroep en ons samel nie wetend persoonlike inligting van kinders onder die ouderdom van 13 jaar in nie (of ouer, as die toepaslike wetgewing vir ander beskerming voorsiening maak). Ons mag sekere Dienste op ’n teikengroep van alle ouderdomme rig---insluitend kinders. Vir sodanige Dienste mag ons die insameling van persoonlike inligting van almal op die Dienste beperk, ’n ouderdomslimiet daarstel wat kinders toelaat om die Dienste te gebruik terwyl die insameling van persoonlike inligting van kinders op die Dienste beperk word, of die ouer se toestemming te verkry om kinders se persoonlike inligting in te samel. As dit onder ons aandag kom dat ’n kind persoonlike inligting sonder ’n ouer se toestemming verstrek het, sal ons sulke inligting onmiddellik verwyder. Ons moedig ouers aan om hul kinders te leer om nooit sonder toestemming hul regte name, adresse of telefoonnommers te verskaf wanneer hulle die Internet gebruik nie.
Dataveiligheid
Ons volg algemeen-aanvaarde industrie-standaarde en handhaaf die toepaslike voorsorgmaatreëls om die sekuriteit, integriteit en privaatheid van die inligting wat ons omtrent u insamel, te help beskerm. Hierdie veiligheidsmaatreëls is ontwerp om beskerming te bied teen toevallige of onwettige vernietiging, verlies, misbruik, wysiging of ongemagtigde openbaarmaking van of toegang tot die inligting onder ons beheer. Geen stelsel is egter 100% veilig nie en ons kan nie ons veiligheidsmaatreëls waarborg nie.
Internasionale oordragte
Ons en ons verskaffers en vennote mag inligting omtrent u verwerk, oordra en berg in verband met die Dienste in die VSA en ander lande wat nie privaatheidswetgewing vergelykbaarmet die in die land waar u woonagtig is, het nie. Ons neem stappe om die toepaslike voorsorgmaatreëls toe te pas wanneer ons daardie inligting oordra.
Ander Take-Two-voorwaardes, derdeparty-voorwaardes en skakels na ander webwerwe
Die gebruik van ons Dienste en produkte mag aan ander voorwaardes en openbaarmakings onderhewig wees wat deur ons, platformvervaardigers en ander vennote verskaf word, insluitend: (i) die voorwaardes wat u aankoop vergesel; (ii) voorwaardes van toepassing op aanlyn Dienste; (iii) ander voorwaardes en openbaarmakings wat deur ons of derdepartye aan u beskikbaar gestel word. Ons is nie aanspreeklik vir die praktyke op derdeparty-webwerwe wat met ons Dienste gekoppel mag word nie.
Kontak ons
As u enige vrae oor hierdie Privaatheidsbeleid het, gebruik asseblief die skakel https://www.take2games.com/data-request/af/ om ons databeskermingsbeampte te kontak. U kan ons Databeskermingsbeampte ook per pos by die onderstaande adresse kontak. Meld asseblief u ligging in u boodskap aan. U kan ons ook per epos kontak by privacypolicy@take2games.com.
Land | Adres |
|---|---|
Lande buite Europa | Take-Two Interactive Software, Inc. 110 W 44th Street, New York, NY 10036 USA, Aandag: Privaatheidsbeleid Administrateur |
VK, EU, EEG of Switserland (“Europese lande”) | Take Two Interactive Software Europe Limited Take-Two House 30 Cleveland Street, London W1T 4JD, VK Aandag: Privacy Policy Administrator |
Vir die doeleindes van privaatheidswette, is die datakontroleerder van u persoonlike inligting Take-Two Interactive Software, Inc. en vir gebruikers in die VK, EU, EEG of Switserland – Take Two Interactive Software Europe Limited. Na gelang van die Dienste, mag ons handelsmerke en afdelings as datakontroleerders beskou word, of gesamentlik met Take-Two Interactive of op hul eie. Die inligting omtrent datakontroleerders en verteenwoordigers word hier gelys. Verwysings in hierdie Privaatheidsbeleid na Take-Two moet geïnterpreteer word as verwysings na die relevante Take-Two-entiteit wat geïdentifiseer is as die kontroleerder van die persoonlike inligting vir die spesifieke Dienste wat u gebruik.
Wysiging van die privaatheidsbeleid
Ons behou die reg voor om wysigings aan hierdie Privaatheidsbeleid te maak. Raadpleeg dit asseblief weer van tyd tot tyd om sodanige wysigings na te gaan. As ons enige ingrypende wysigings aan hierdie Privaatheidsbeleid aanbring, sal ons u op gepaste wyse in kennis stel en, waar van toepassing, addisionele keuses ten opsigte van sodanige wysigings gee. Soos deur wetgewing toegelaat, beteken u voortgesette gebruik van die Dienste dat u hierdie wysigings aanvaar.
As u ’n inwoner van Suid-Korea is, sien asseblief Bykomende inligting vir inwoners van Suid-Korea.